Op Spesiale Aanbieding

OF

Komende Gebeure

05

May 10

Presentation of AHI-FS Website
The new national communication platform is making headlines as it is to be unveiled to the AHI-Free State for the very first time.
Lees meer...

Nuutste Artikels

Vertoon

Vaardighede Plaaslike Bestuur

Vaardighede Plaaslike Bestuur
 
Geagte lede
 
Op 7 Mei 2009 het 'n afvaardiging van die AHI se Nasionale Kantoor, gelei deur myself, 'n vergadering gehad met mnr Paul Kibuuka, Uitvoerende Bestuurder van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (“DBSA”), om te bespreek hoe die AHI en DBSA kan saamwerk ten opsigte van dienslewering binne plaaslike regering.
 
Die volgende sleutelpunte is tydens die vergadering deur mnr Kibuuka uitgelig:
 
  1. Die DBSA het, via die Siyenza Manje projek, reeds vaardighede op ingenieurs- en finansiële gebied onder plaaslike owerhede ontplooi met die doel om diensleweringsuitdagings op daardie gebiede die hoof te bied.
 
  1. Ofskoon DBSA goeie vordering gemaak het met die ontplooiing van vaardighede, ervaar die meeste munisipaliteite steeds uitdagings in terme van dienslewering en rondom regeringsbestuur.
 
  1. Vir die DBSA om 'n beter impak op plaaslike bestuur te hê, sal die private sektor of die sakegemeenskap deel van die oplossing moet wees, spesifiek op die gebied van vaardigheidsontwikkeling.
 
Gedurende verdere oorlegpleging het mnr Kibuuka die AHI versoek om vaardighede in sy geledere te identifiseer, eerstens onder afgetredenes wat ervaring het ten opsigte van plaaslike regering en tweedens, diegene wat dalk nie vir plaaslike owerhede gewerk het nie, maar wel soortgelyke vaardighede het. Ons versoek u dus om name uit u dorpe of stede te stuur van mense in u kamer, of wie u ken, wat in hierdie kategorieë val. Stuur ook asseblief die CV's van die mense wat in hierdie kategorieë genomineer word.
 
Die vaardighede wat geïdentifiseer is waarmee die AHI kan help, is die volgende:
 
  1. Tegnies (Ingenieurswese)
  2. Finansies
  3. Beplanning
  4. Bestuur/Leierskap/Regeringsbestuur(Governance)
 
Die DBSA se versoek aan die AHI om te help om die bogenoemde vaardighede te identifiseer, bied aan die AHI 'n geleentheid om deel van die oplossing te wees, en om daardeur die AHI positief binne plaaslike regering te posisioneer.
 
Vir dié doel heg ek 'n opnamevorm oor vaardigheidsbeskikbaarheid aan, wat u kan voltooi en aan ons kan terugstuur. Ek vertrou dat u sal help om van hierdie inisiatief 'n sukses te maak.
 
Indien u enige verdere opheldering benodig, skakel asseblief met mnr Robert Mhlambi, AHI Hoof operasionele beampte, by telefoonnommer (012)348-5440.
 
Vriendelik die uwe
 
 
Prof Stef Coetzee
AHI: Uitvoerende Direkteur
 
Marieta van Zyl
Bestuurder in Kantoor van die U/D.
Manager in Office of the CEO
Tel:  012 / 348 5440
Faks / Fax  012 / 348 8771
E-pos / E-mail:  
marietavz@ahi.co.za
Web:    www.ahi.co.za

Navraag oor hierdie artikel

Verlangde inligting is gemerk met *.

U Naam *  
U Van *  
E-Posadres *  
Kontak telefoonnommer *  
Kontak my asb. *   Ja Nee
U voorkeur kontak *  
Boodskap Inhoud *  
 
 
   
  

Verwante Artikels

Provincial LED
Local Economic Development is one of the main objectives within various government ministries and institutions of South Africa.
AHI Free State
Lees meer...

AHI 'n Oorsig
Die AHI is een van die top georganiseerde besigheidsorganisasies in Suid-Afrika wat strategies goed gesposioneer is, groot invloed uitoefen in belang van besigheid en die vrye ondernemingstelsel
AHI Free State
Lees meer...

Ekonomiese Oorsig deur Ulrich Joubert
Die plaaslike politieke toneel het op ‘n baie energieke noot begin met ‘n jolige verdere huwelikseremonie. Of dit die res van die jaar so jolig sal gaan, en of die huwelik van die alliansievennote so standvastig sal wees, sal ons maar moet sien.
Afrikaanse Handelsinstituut
Lees meer...

Toespraak: Deon Huysamer
Toespraak gelewer op 21 Januarie deur die AHI President, mnr Deon Huysamer
Afrikaanse Handelsinstituut
Lees meer...

Ekonomiese Soeklig / Spotlight
South Africa's gross domestic product performed unexpectedly well in the third quarter of last year, rising by 0,9% at a seasonally adjusted annualised rate (saar).
Afrikaanse Handelsinstituut
Lees meer...